LAERSKOOL | KULTUUR : Voortrekkers
Die Graad R're geniet hul eerste Voortrekkerkamp!
Kliek vir meer
Die naweek van 12-14 Augustus het sowat 350 Voortrekkers die jaarlikse Voortrekkerkamp meegemaak, waaronder ook 3 van die Graad R Hoep-Hoepspan, en 6 van die Renosterspan van die Voortrekkers Unika.

Wat 'n fees was dit nie om saam met die Graad 5 Vories te leer om Boeresport te geniet nie! Daar was kampvuurkonserte, geesbekers, nagmars en natuurlik warm sjokolade net voor slaaptyd.

Dankie aan almal se hulp om die naweek 'n reuse sukses te maak. Die Graad R're het dit voorwaar baie geniet!
Pikkewyne en Vlinders van Voortrekker Unika vlieg droomland toe
Kliek vir meer
Met blink ogies en vol entoesiasme het 26 Pikkewyne en 10 Vlinders van die Voortrekkers Unika, die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum by Rand Lughawe op Vrydag 15 April besoek.
Een van die vliegtuie wat in die museum is, is die Boeing 747-244B “Lebombo", wat in 1995 oor Ellispark gevlieg het. Hierdie vliegtuig is aan die museum geskenk na sy aftrede in 2002, en sal nooit weer vlieg nie. Die kinders het die voorreg gehad om hierdie vliegtuig van binne te besigtig. Die hoogtepunt van die uitstappie was dat hulle in die vliegtuig oornag het. Ons het ook ‘n film gekyk op die skerm in die vliegtuig.

Die kajuit van die vragvliegtuig is oop vir besigtiging, waar ons agter die stuur kon sit en ons lyfies loods hou. Daar mag jy al die knoppies druk en kyk hoe die stuur die vlerkvlappe laat beweeg.

Nie net was dit ‘n heerlike Voortrekkerkamp nie, maar dit was ‘n besondere leersame uitstappie en die kinders was meer as entoesiasties om meer van vliegtuie te leer. ‘n Besoek aan hierdie museum is in meer as een opsig ‘n opvoedkundige ervaring en in die besonder vir kinders wat nog nie in ‘n vliegtuig was nie.

Pikkewynspanlid Nikola Peens skryf:

Hierdie kamp was die beste. Ek het baie oor vliegtuie geleer. Ons kon nie wag om al die vliegtuie te sien en die geskiedenis oor die vliegtuig te leer nie. Die museum was ook interessant, want ons het oor vlieëniers en vliegtuie geleer. Om in die Boeing te slaap, was my gunsteling van al die dinge wat ons gedoen het! Ek het ook daarvan gehou om die fliek te kyk terwyl ons op die sagte stoele gesit het. Dit was een van die lekkerste dae van my lewe. Ek kan nie wag om weer te gaan nie!

EISTEDDFOD | KOOR | KONSERT | KUNS | MUSIEK | REDENAARS | SKAAK | VOORTREKKERS | KULTUURPRESTASIES
Copyright © The Logical Next Step 2015